BERGSIG SE NETBALSPANN PRESTEER PUIK / BERGSIG NETBALL TEAMS ACHIEVED PRESTIGIOUSLY

BERGSIG SE NETBALSPANN PRESTEER PUIK / BERGSIG NETBALL TEAMS ACHIEVED PRESTIGIOUSLY

BERGSIG SE NETBALSPANNE PRESTEER PUIK!

Verlede Saterdag is die Bojanala Uitspeelwedstryde vir netbal op die Sportterrein van Bergsig Akademie aangebied. Bergsig se netbalspanne was goed op dreef en het hulle opponente behoorlik laat bontstaan. Die uitslae is soos volg:
0/19 : Bergsig wen Sunrise View met 26 – 3
Bergsig verloor teen Brits, RHS en Wagpos. (Eindig algeheel 4de.)
0/16: Bergsig wen al hulle wedstryde, nl. teen Brits met 25 – 4, Platinum
Village met 37 – 1, RHS met 21 – 15.
Bergsig wen ook teen Wagpos met 30 – 8 en word gevolglik gekroon as
Bojanala – wenners!
0/15: Bergsig wen Brits met 24 – 6, Wagpos met 19 – 3, RHS met 15 – 6, asook
Sunrise View met 31 – 3. Hier word Bergsig dus ook as Bojanala wenners
gekroon.
0/14: Bergsig wen teen Brits met 22 – 4, Harties met 14 – 4 en Tlhabane Tech.
met 29 – 2. Hulle verloor egter teen RHS met 12 – 20 en eindig 2de in
die Bojanala distrik.

Bergsig se 0/14-, 0/15- en 0/16- Netbalspanne sal gevolglik op 9 Junie aan die Noordwes Finaal deelneem

Comments are closed.
%d bloggers like this: