BERGSIG GHOLFDAG – 1 NOVEMBER 2013

BERGSIG GHOLFDAG – 1 NOVEMBER 2013

Geagte Bergsig-ondersteuner

Ons hou eersdaags ons jaarlikse gholfdag by die Rustenburgse Gholfklub en wil verseker dat u hierdie baie belangrike datum op u kalender aanteken!

Indien u hierdie dag in die verlede bygewoon het, sal u weet dat dit ‘n dag is wat u nie moet misloop nie! Die pryse op die spel is tops en ons gasvryheid vloei in oorvloed. Soos in die verlede sal ons met ‘n “shot-gun” afslaan begin. Daar sal verversing op die baan voorsien word en tydens die prysuitdeling sal daar versnapperinge wees.

Datum: Vrydag, 1 November 2013
Tyd: 09:00 – “Shotgun start”
Formaat: “Better Ball; Scramble Drive”
Koste: R2 000 per 4-bal
R1000 – borgskap per bof of setperk
Prysuitdeling: Direk na afloop van die kompetisie in die kroeg
Registrasie: Vanaf 08:00

Om teleurstelling te voorkom raai ons u aan om so gou moontlik u 4-bal en u bowwe te bespreek aangesien ons reeds inskrywings ontvang het.

Indien u ‘n setperk of bof borg, is u welkom om u baniere daar op te rig en u kan self ook u bof beman. Alle baniere moet reeds teen 08:00 aangebring wees.

KONTAKPERSONE: Mnr. R. Faul 082 7831094
Mnr. M. Hattingh 082 7855276

Gelde kan op die volgende wyses betaal word:

1. Elektroniese oorbetaling

BANK: ABSA
NAAM VAN REKENING: AREND TRUST
REKENINGNOMMER: 4062321254
TAKKODE: 632005
VERWYSING: NAAM VAN MAATSKAPPY + GHOLFDAG 2013

2. Tjek-betaling – uitgemaak aan “Arend Trust”

3. Kontant

Byvoorbaat dankie vir u volgehoue ondersteuning en lojaliteit teenoor ons skool! Hoop om spoedig ‘n positiewe antwoord van u te ontvang.

E.N. NICHOLENAS
HOOF

Comments are closed.
%d bloggers like this: