Category: Kultuur / Cultural

ATKV Tienertoneel – Bergsig Breaking Boundaries AGAIN!

ATKV Tienertoneel – Bergsig Breaking Boundaries AGAIN!

BERGSIG TIENERTONEEL

Dis die eerste keer in Bergsig se geskiedenis wat ons ATKV Tienertoneel by die horings pak! Met ‘n nuutgeskrewe teks deur Meneer Kevin Groenewald beoog ons leerders om die fondamente van die toneel-wêreld te skud.

Die regie van die stuk is onder leiding van Juffrou Vasthi Olckers behartig, saam met Juffrou Linda Roets en Meneer Groenewald. En dan was dit glad nie snaaks dat Sue-Ralta Van Der Merwe, een van Bergsig se oud-skoliere, ook ingespring het om te help met kostuums, grimering en rekwisiete nie. 

Die toneel, Die Laaste Tango, het op 21 Julie 2016 sy debuut gemaak op Bergsig se verhoog en het die skare behoorlik ‘speechless’ gelos. 

Hierdie groep talentvolle akteurs bestaan uit die volgende leerders:

  • Jannes Van Der Walt Gr. 12
  • Mizanne Hattingh Gr. 12
  • Minette Nel Gr. 12
  • Casper De Klerk Gr. 11
  • Shanté Swanepoel Gr. 11
  • Dale Petersen Gr. 11
  • Ansumé Vogel Gr. 10
  • Keana Swanepoel Gr. 8
  • Ludvig Lodewyckx Gr. 8 

Die groep tree Donderdag 4 Augustus in die Sanlam-Ouditorium op by NWU-Potchefstroom. Ons wens hulle alle sterkte toe en weet dat hulle ons sal trots maak.

Tienertoneel

17 Mei 2013 Prime Circle

17 Mei 2013 Prime Circle

Prime_Circle

Prime Circle

17 Mei 2013 / 17 May 2013
19:00

Bergsig Akademie Rugbyveld / Bergsig Academy Rugby field
R150
014 533 2046

Bring eie stoel / Bring own chair
Verversings sal te koop wees / Refreshments will be for sale

Groentjiekonsert – Gr8’s in die kollig!

Groentjiekonsert – Gr8’s in die kollig!

Die Gr8’s is hard aan die werk vir hul konsert op Dinsdag, 29 Januarie 2013. Alle ouers en familie word uitgenooi om die aand saam met ons te kom geniet.

Mag die aand skouspelagtig wees!

The Gr8’s are working hard for their concert on Tuesday, 29 January 2013. All parents and family are invited to come enjoy the evening with us.

May it be spectacular!

Landsdiens bewaar Rustenburg

Landsdiens bewaar Rustenburg

Ons wil graag elke lid van die “Landsdiens” vir hul harde werk bedank op Vrydag, Oktober 19. Hulle het deelgeneem aan ‘n projek wat betrokke is by die skoonmaak van ‘n rivier in Geelhoutpark om die uitwerking van besoedeling op die omgewing te verminder.

We would like to thank every member of the “Landsdiens” for their hard work on Friday 19 Oct. They participated in a project which involved cleaning a river in Geelhoutpark to it’s natural state to reduce the effects of pollution on the environment.