ATKV Tienertoneel – Bergsig Breaking Boundaries AGAIN!

ATKV Tienertoneel – Bergsig Breaking Boundaries AGAIN!

BERGSIG TIENERTONEEL

Dis die eerste keer in Bergsig se geskiedenis wat ons ATKV Tienertoneel by die horings pak! Met ‘n nuutgeskrewe teks deur Meneer Kevin Groenewald beoog ons leerders om die fondamente van die toneel-wêreld te skud.

Die regie van die stuk is onder leiding van Juffrou Vasthi Olckers behartig, saam met Juffrou Linda Roets en Meneer Groenewald. En dan was dit glad nie snaaks dat Sue-Ralta Van Der Merwe, een van Bergsig se oud-skoliere, ook ingespring het om te help met kostuums, grimering en rekwisiete nie. 

Die toneel, Die Laaste Tango, het op 21 Julie 2016 sy debuut gemaak op Bergsig se verhoog en het die skare behoorlik ‘speechless’ gelos. 

Hierdie groep talentvolle akteurs bestaan uit die volgende leerders:

  • Jannes Van Der Walt Gr. 12
  • Mizanne Hattingh Gr. 12
  • Minette Nel Gr. 12
  • Casper De Klerk Gr. 11
  • Shanté Swanepoel Gr. 11
  • Dale Petersen Gr. 11
  • Ansumé Vogel Gr. 10
  • Keana Swanepoel Gr. 8
  • Ludvig Lodewyckx Gr. 8 

Die groep tree Donderdag 4 Augustus in die Sanlam-Ouditorium op by NWU-Potchefstroom. Ons wens hulle alle sterkte toe en weet dat hulle ons sal trots maak.

Tienertoneel

Comments are closed.
%d bloggers like this: