Bergsig E-Leer

Bergsig E-Leer

A.g.v. die Covid 19 pandemie, beleef skole en ouers verskillende uitdagings.  Een van die uitdagings is om te verseker dat leerders steeds met hul skoolwerk kan voortgaan alhoewel hul nie fisies in die klaskamer is nie.

E-Leer

Bergsig het besluit om van Google Classroom gebruik te maak om te verseker dat lesse en klaswerk beskikbaar is aan alle leerders.  Vir leerders wat dit moeilik vind om hierdie lesse af te laai a.g.v. data beperking, het Bergsig ‘n gratis data deurry aflaaipunt geskep.

‘n Opvoedkundige WIFI Aflaaipunt is by die wagarea langs die voorste hek geinstalleer.  Sodoende sal alle leerders toegang tot 250 MB data per dag bekom, vir die aflaai van slegs opvoedkundige materiaal.   Die data hoeveelheid mag in die toekoms aangepas word indien die aanvraag verhoog.

Selekteer asseblief die volgende bladsy vir instruksies oor hoe om met die kuberkol te konnekteer.